KLIPDALE

GRAAD 3-ONDERWYSER | GRONDSLAGFASE

Ruens Kollege · Posted 16d ago

33 SOURCES

Rûens Kollege is ’n onafhanklike, Christelike skool in die landelike Klipdale-area van die Overberg. Ons bied ’n uitdagende en kreatiewe kurrikulum binne ’n waardegedrewe en ondersteunende omgewing, waar leerders toegerus word met die kennis, vaardighede en waardes om met selfvertroue te groei. Ons nooi aansoeke vir die volgende vakante pos: GRAAD 3-ONDERWYSER | GRONDSLAGFASE ’n Permanente betrekking is beskikbaar vir ’n gekwalifiseerde, passievolle en ervare onderwyser om Graad 3 te onderrig. Die ideale kandidaat beskik oor: ’n Relevante professionele onderwyskwalifikasie. Registrasie by SACE. Afrikaanssprekend. ’n Ware passie vir die onderrig en ontwikkeling van jong kinders. ’n Liefde vir lees en die ontwikkeling van geletterdheidsvaardighede. Die vermoë om gedifferensieerde en inklusiewe onderrig effektief toe te pas. Uitstekende klaskamerbestuursvaardighede. Die vermoë om leerders se akademiese én emosionele ontwikkeling te ondersteun. Die vermoë om leerders met geduld, empatie en konsekwentheid te hanteer. Kreatief, innoverend, goed georganiseerd en selfgemotiveerd. Sterk skriftelike en mondelinge kommunikasievaardighede. Goeie rekenaarvaardighede. Die vermoë om goed in ’n span saam te werk. Bereidwilligheid om tot die skool se waardes, etos en buitemuurse programme by te dra. ’n Sterk fokus op die ontwikkeling van onafhanklike, verantwoordelike en selfversekerde leerders. Die vermoë om leerders doeltreffend vir die oorgang na die volgende fase van hul skoolloopbaan voor te berei. ’n Professionele, verantwoordelike en positiewe ingesteldheid. Aanvangsdatum : 1 Januarie 2027 Sluitingsdatum vir aansoeke : 11 Oktober 2026 Rig aansoeke, bestaande uit ’n Curriculum Vitae en ondersteunende dokumente, asook die kontakbesonderhede van drie verwysings, aan: vakatures@ruenskollege.co.za Indien die skool u nie binne twee weke na die sluitingsdatum kontak nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

ADVERTISEMENT

ISASA (isasa.org)

ADVERTISEMENT