ASSISTANT GRADER
ASSISTANT GRADER JOB GRADE 7 Purpose of the position: Join us as a learner grader and gain hands -on experience in every aspect of grain handling and management. This entry-level position is designed for young, ambitious individuals looking to build a solid foundation in the agricultural industry. As part of our team, you'll not only supervise and participate in the intake and dispatch of grain, but also learn the intricate details of grading, administration, fumigation, food safety, and much more. Under the guidance of experienced silo managers, you'll play a key role in ensuring effective operations while developing the skills needed to advance in your career - potentially growing into a grader or even a silo manager. You will gain experience as well as hands-on and formal training in: • Supervising and partaking in the intake and dispatch processes of grain, including the grading thereof. • Supporting the silo manager with the following functions: - administration; - fumigation; - food safety; - personnel matters; - risk management; - customer satisfaction; and - maintenance of property, vehicles and grounds. But that's not all - this position also offers you the opportunity to advance your skills through specialised training in the grading of maize, sunflower, wheat, sorghum, as well as soya bean, grading, fumigation, and even undergo a grain silo operator course. Required qualifications and skills: • Grade 12 certificate with Mathematics is compulsory, or any other qualification of equal value • Afrikaans and English (speak, read and write) • A valid driver's license • The ideal candidate must be detail-oriented. • Sense of responsibility and reliability. • Good communication skills. • Willingness to learn. Silo Services (Delareyville, Gerdau, Mareetsane, Nooitgedacht) Applications can only be made through NWK's intranet. For any enquiries, contact Anita Labuschagne on (018) 633 1363/1043 or recruitment@nwk.co.za. Visit our Facebook page at www.facebook.com/NWKLimited. The closing date for applications is 27 September 2026. If you are not invited for an interview within two weeks after the closing date, consider the application unsuccessful. NWK supports the purpose of the Employment Equity Act and gives preference to applicants from the nominated groups. Candidates with disabilities are encouraged to apply. NWK reserves the right not to fill the position. ASSISTENT GRADEERDER POSGRAAD 7 Doel van die pos: Sluit by ons aan as 'n leerlinggradeerder en kry praktiese ervaring in elke aspek van graanhantering en -bestuur. Hierdie intreevlak-posisie is ontwerp vir jong, ambisieuse individue wat 'n stewige grondslag in die landboubedryf wil bou. As deel van ons sp an sal jy nie net toesig hou oor en deelneem aan die inname en versending van graan nie, maar ook die ingewikkelde besonderhede van gradering, administrasie, beroking, voedselveiligheid en velemeer. Onder die leiding van ervare silobestuurders sal jy 'n sleutelrol speel om doeltreffende bedrywighede te verseker terwyl jy die vaardighede ontwikkel wat nodig is om in jou loopbaan te vorder - potensieel om te groei tot 'n gradeerder of selfs 'n silobestuurder. Jy sal ervaring opdoen asook praktiese en formele opleiding in: • Toesighouding oor en betrokkenheid by die inname- en versendingsprosesse van graan wat die gradering daarvan insluit. • Die bied van ondersteuning aan die silobestuurder ten opsigte van die volgende funksies: - administrasie; - beroking; - voedselveiligheid; - personeelaangeleenthede; - risikobestuur; - klantetevredenheid; en - instandhouding van eiendom, voertuie en terrein. Maar dis nie al nie - hierdie pos bied jou ook die geleentheid om jou vaardighede te bevorder deur gespesialiseerde opleiding in mielie -, sonneblom-, koring-, sorghum- en sojaboongradering, beroking en selfs 'n graansilo-operateurskursus te ondergaan. Kwalifikasies en vaardighede: • Gr. 12-sertifikaat met wiskunde is 'n vereiste (of enige gelykwaardige kwalifikasie). • ʼn Geldige rybewys. • Afrikaans en Engels (praat, lees en skryf). • Die ideale kandidaat moet detail-georiënteerd wees. • Sin van verantwoordelikheid en betroubaarheid. • Goeie kommunikasievaardighede. • Bereidwilligheid om te leer. Aansoek kan alleenlik gedoen word deur NWK se intranet. Vir enige navrae, kontak Anita Labuschagne by (018) 633 1363/1043 of recruitment@nwk.co.za. Besoek ons Facebook-blad by www.facebook.com/NWKLimited. Die sluitingsdatum vir aansoeke is 27 September 2026. Indien jy nie binne twee weke na die sluitingsdatum vir ‘n onderhoud genooi word nie, ag die aansoek onsuksesvol. NWK ondersteun die oogmerk van die Wet op Gelyke Indiensneming en gee voorkeur aan aansoekers uit die benoemde groepe. Kandid ate met gestremdhede word aangemoedig om aansoek te doen. NWK behou die reg voor om die pos nie te vul nie. Silodienste (Delareyville, Gerdau, Mareetsane, Nooitgedacht)
NWK Limited (careers.nwk.co.za)